Afrikaans / English

Voëllewe

Voëlskuiling

‘n Voëlskuiling en dam in ‘n afgeleë plek net noord van Jopie se pos gebou. Die skuiling is in die vorm van ‘n agthoek met luike in ses verskillende rigtings.

Hoewel die voëlkykgroep, in samewerking met KEK, die skuiling bestuur, is die skuiling tot beskikking van alle Kranspoorters. Die idee is dat dit ‘n rustige klein oase moet wees waar ‘n mens ongestoord na die voëls en wilde diere kan kyk. 

Die area waarin die skuiling gebou is, is boomryk met ‘n groot oopte aan die een kant. Die hele gebied word tans gerehabiliteer met ekstra inheemse bome en struike wat geplant word om voëls te lok. Waterplante en vleikurpers is ook in die dam geplaas. Die skuiling is so ontwerp dat dit rolstoel vriendelik is en ‘n klein houtbruggie is oor die een sloot gebou om die skuiling meer toeganklik te maak. Die skuiling kan ook met spesiale reeling vir 'n oornagervaring deur voël-liefhebbers bespreek word.

 

Geveerde Vriende: 'n veer in Kranspoort se hoed

Die gedeelde belangstelling en entoesiasme van Kranspoort inwoners het in Februarie 2014 aanleiding gegee tot die geboorte van Geveerde Vriende. Gesprekke tussen Abel Venter en Willie Schoeman het gelei tot 'n handgeskrewe lys van Gerhard en Miemie Snyman van ongeveer 70 geïdentifiseerde voëlspesies in Kranspoort.
Kort voor lank is 'n formele byeenkoms van belangstellende voëlkykers bymekaar geroep en die eerste komitee bestaande uit Abel, Miemie, Hannetjie Senekal en Glen Crouch is verkies. 

It was decided to have at least four birding days per year. We participated in our first National Birding Day at the end of November 2014 and identified 111 species in Kranspoort with the assistance of Middelburg Bird Club as our special guests. We set a new target of 200 species which was reached in 2017 when the African Palm Swift
was identified. To date this count stands on 226. 

Die voëlskuiling, wat met Geveerde Vriende-fondse gebou is, is amptelik aan KEK oorhandig op 24 September 2017. Ander gewilde voëluitkykpunte is die braaiplek en dammetjie op die plato, piekniekterrein, die Kranspoortdam, gholfbaan, die staproetes ... Eintlik sommer oral tussen die huise en op die wildspaaie.
Geveerde Vriende is amptelik as klub verklaar in Februarie 2019 met 'n eie logo, ledegeld en 'n paar baie informele reëls. Ons nou-al bekende logo is te siene op hemde, hoede, lidmaatskapkaartjies en karmagnete. Die opgedateerde voëlkalenders en -lyste is jaarlikse hoogtepunte. Pragfoto's van hoogstaande gehalte van verskeie
Kranspoort voëlspesies word hierop gepubliseer. Die Geveerde Vriende WhatsApp-groep dien as aktiewe platformwaar kennis gedeel en voëls en hul geluide uitgeken word.

We try to keep every meeting exciting and educational. Meetings have included a boat trip on Loskop Dam. Identifyingwater birds, birdwatching on the plateau, training sessions on the use of binoculars, books, bird apps and basic features to keep in mind when identifying bird species. A talk on the Southern Ground Hornbill by the
Mabula breeding project was most informative. A highlight was the entertaining and competitive bird quiz evening hosted by Gerhard and Miemie. We also had a very exciting virtual birding day during lockdown – on 28 March 2020 twenty six enthusiastic birders participated from the luxury of their own gardens with a total of 71
birds spotted from Kranspoort, Witbank, Middelburg and Pretoria.
Ons nuutste inisiatief is die bou van 'n dammetjie by die piekniekterrein. Verskeie donateurs het reeds vir die projek bygedra. Ons sien uit na die voltooide projek.
At present twelve families are active members. The annual membership fee is R100 per family. For more information on birding activities or information, please contact Elsie Cross 083 236 5547, crosselsie@gmail.com or Miemie Snyman082 457 0762, miemie@mmphatfield.co.za.
The complete Geveerde Vriende Bird list can be found on the Kranspoort website at
www.kranspoortdorp.co.za.

Laai die voëllys hier af

Voëlkykklub:    

Doel:Tel en waarneming van voëlsoorte. Identifisering van spesies, databasis instandhouding en uitreiking na ander klubs.

 

Naam

Van

Selnommer

Voorsitter

Elsie  

Cross  

083 236 5547  /  013-282 8414

Sekretaresse

Miemie

Snyman

082 457 0762

Addisionele lid

Dawid

van der Walt

082 8518165

Aantal lede

30

 

Tye van samekoms

Vier vergaderings per jaar met in-veld waarneming van voëlsoorte

Plek

Geografiese gebied van Kranspoort en voëlkykskuiling

KEK-ondersteuning

Bemarking en instandhouding van skuiling en suipingspunt