Afrikaans / English

Veldwagters

Veldwagters:

Doel: Bewaring en bevordering  van Kranspoort se omgewing, wild, veld en voëls.

 

Naam

Van

Selnommer

Hoofveldwagter

Johan

Botha

0763322773

Sekretaris

Willie

Marais

0829254326

Groepadmin (Wup)

Rentia

Botha

0718723145

Direkteur

David

Vd Walt

082 851 8165

Aantal lede

15

 

Vergaderings

1 X per maand: Vergaderings vind plaas onder voorsitterskap van Direkteur: Omgewingsake

Tye van samekoms

Elke 3de Saterdag (projekte) en jaarlikse vergadering (AJV)

Plek

Soos gereëel, binne die geografiese gebied van Kranspoort-dorp

Koste

Geen

KEK-ondersteuning

Arbeid: Instandhouding van voetslaanpaaie, uitroei van indringerplante en die voorsiening van gif. Bemarking van aktiwiteite

Voetslaanpad


'n Paar manne van die Veldwagters het met KEK se ondersteuning ‘n paar dae in die middel van Desember 2016  baie hard gewerk om die voetslaan- fietsrypad vanaf die plato tot onder in die vallei voor die Kersvakansie skoon te maak en te herstel.
Die paadjie maak deel uit van die groter Vlakvarkroete en begin by die drierigting aansluiting bo-op die plato by die 4x4 roete se "geen-ingang" bordjies. 

Vanaf die begin punt bo-op die plato volg dit 'n pragtige kloofroete af tot waar dit uitloop in Kranspoortrylaan, h/v Aalwynsingel.

Dis 'n maklike en veilige stappie van bietjie meer as 30 min. 
Ervare fietsryers ry dit binne 10-12 min. 

Die paadjie skiet weer uit net onderkant Mengesheim in Aalwynsingel, af in die spruitlopie tot by die laagwateroorgang in Arendstraat. Mens volg daarna net Arendstraat na die dammetjie in Valkst. Net voor die dammetjie draai die paadjie links uit, af in die lopie tot onder by Swartbaarsingel se haarnaaldbruggie.
Die laaste twee gedeeltes is baie kort, maklik en veilig vir almal om te geniet.

Moet dit beslis nie "misloop" nie!
 Johan Botha
Veldwagters Kranspoort