Afrikaans / English

Gemeenskap

Kranspoort presteer in Kroonstad tydens Jukskei Seniorburgertoernooi – 2018

 Dames C 1 wen goud. Mans C 2 wen silwer. Dames C 2 wen brons. Mari en Hester dubbels wen silwer. Dorothy en Magda wen brons. Mari, Alicia en Wilma gekies vir top 5. Drie hoeras vir Kranspoort!

 Trofees vir netheid en inskrywings

 



 

 

Kliek hier om die "Kranspoort: Verenigings / klubs: November 2017" dokument af te laai...

Kranspoorters by Loskop Marathon 2017

Nuwe Voelskuiling vir Kranspoort - ‘n Plek van Stilte

Kranspoort het nou ‘n braaiplek bo-op die plato, ‘n lekker plek om bymekaar te kom by die saal en piekniekplek en nou is ons besig om ‘n baie spesiale plek van stilte te bou. Die Kranspoort Geveerde Vriende (voëlkykgroep) het die afgelope paar maande baie hard gewerk om geld in te samel vir ‘n voëlskuiling. ‘n Paar weke gelede is (met die hulp van KEK) begin om ‘n voëlskuiling en dam in ‘n afgeleë plek net noord van Jopie se pos te bou. Die skuiling is in die vorm van ‘n agthoek met luike in ses verskillende rigtings en sal in Mei 2017 week tot op dakhoogte uitgebou wees.

Hoewel die voëlkykgroep, in samewerking met KEK, die skuiling sal bestuur, sal die skuiling tot beskikking van alle Kranspoorters wees. Die idee is dat dit ‘n rustige klein oase moet wees waar ‘n mens ongestoord na die voëls en wilde diere kan kyk. Daarom gaan die pad, wat gemaak moes word om toegang vir die TLB en trekker te gee, na die bouery permanent gesluit word en sal ‘n kort voetpad met ‘n pale heining vir die laaste gedeelte aangelê word. Twee watertenks is ook teen die hang geplaas om water aan die dam en skuiling uit die boorgat by Jopie se pos te voorsien.

Die area waarin die skuiling gebou word, is boomryk met ‘n groot oopte aan die een kant. Daar word beplan om die hele gebied te rehabiliteer na die bouery en om ekstra inheemse bome en struike te plant wat voëls sal lok. Waterplante en vleikurpers sal ook in die dam geplaas word. Die skuiling is so ontwerp dat dit rolstoel vriendelik sal wees en die voëlgroep beplan ook om ‘n klein houtbruggie oor die een sloot te bou om die skuiling meer toeganklik te maak. Die idee om ook van die skuiling ‘n oornagfasiliteit vir ‘n buitengewone bos ondervinding te maak, is vir eers deur die voëlgroep afgestem omrede toegangsbeheer ‘n moontlike probleem kan wees en omdat die skuiling van vroeg soggens vir almal beskikbaar moet bly.

Aangesien die skuiling deur vrywilligers gebou word wat dit in hul vrye tyd doen, sal dit waarskynlik eers vroeg in die lente voltooi wees en die gebied gerehabilteer wees. ‘n Tweede voëlskuiling langs die Kranspoortdam is ook reeds deur die bestuur goedgekeur en sal hopelik gebou word sodra geld weer beskikbaar is.

Dis nie aldag dat ‘n mens iets verniet kry nie, maar danksy die Kranspoort Geveerde Vriende sal Kranspoort eersdaags met ‘n voëlskuiling kan spog vir almal se gebruik, wat met die geld van hierdie ywerige groep gebou is. Daar was hard gewerk om geld in te samel terwyl baie ander persone op verskeie ander maniere bydraes gelewer het.  

Saalbou Projek Geskiedenis.

Gholfklub Ete

Gholfklub se Vrydagaand ete op 23 Desember 2016 word toe ‘n heerlike Kersete. Kyk net op die fotos hoe gesellig dit was:

Kersvader

Kersvader het weer in 2016 nie by Kranspoort verby gevlieg nie. Hy het iewers op die gholfbaan gaan land en sy bokke ‘n bietjie gaan laat rus en toe sommer saam met Oom Barry in sy Landrover deur Kranspoort gery en geskenkies aan baie opgewonde kinders uitgedeel.

Oom Ferdie het ook gesorg dat mense wat wou saamry, plek kon kry op sy blou wa en trekker wat agterna gery het.

Baie dankie aan Kersvader en almal wat betrokke was om op so ‘n wonderlike manier kinderhartjies bly te maak. Julle het ou-Kersaand baie besonders gemaak en die kinders en ook die ouers en oupas en oumas gaan dit baie lank onthou.

Kersliggies in Kranspoort

Kranspoort is nou wel tussen die berge en bosse, maar dit het nie verhoed dat daar wel pratige kersliggies in tuine opgemaak is nie.

Piet en Hannetjie Kritzinger se bokkies en slee was ‘n baie gewilde besoekplek vir ouers met kindertjies en hulle het graag vir fotos in die slee saam met die bokkies gestaan. (Foto's 1 - 3)

Die liggies in Houtkapperstraat was ook ‘n wonderlike gesig om te sien en het baie kinderhartjies baie opgewonde gemaak. (Foto's 4 en 5)

In Gemsboksingel was daar ook ‘n huis met pragtige liggies. (Foto 6)

Kersfees

Wat het Kranspoorters gedoen, wat nie familie of vriende gehad het wat by hulle om kuier het op Kersdag ? Hulle het in Robert en Melinda Smit se motorhuis ‘n heerlike Kersmaaltyd saam geniet. Dis mos nou hoe Kranspoorters dit doen. Dis hoekom Kranspoort so ‘n lekker plek is om te bly!

Aktiwiteite

Elke Sondag word ‘n diens in die gemeenskapskerk (skuins oorkant die ingangshek) gehou en almal is welkom om dit by te woon.

Ander aktiwiteite beskikbaar sluit in:
Staproetes, fietsry,  wildbesigtiging, voëlkyk, hengel,4 x 4 roetes ens.

Vir gholfspelers is daar op Kranspoort  ‘n baie gewilde  gholfbaan beskikbaar wat gereken word onder een van die “top 10” 9-putjie bane in die land. Die Kranspoort Gholfbaan word nou ook bestuur deur Kranspoort self en verskeie uitbreidings word beplan wat tot voordeel van die hele gemeenskap en besoekers sal strek.

Die omgewing bied verskeie aktiwiteite en geleenthede vir vakansiegangers. Forever Resorts Loskopdam is slegs 5km vanaf die Kranspoorthek geleë waar daar bootry, hengel, putt-putt, 'n restaurant en ander fasiliteite beskikbaar is. Die Loskop Natuurreservaat se ingang is by Damwal, net na die Loskop Damwal, en verskeie wildsoorte o.a. renosters kan hier gesien word.

Jaarliks vind die gewilde Loskopdam Marathon plaas gedurende April, waar Kranspoort bekend staan as ‘n gereelde waterpuntwenner en die gemeenskap span saam om daarvan ‘n sukses en genotvolle geleentheid te maak.


Kettieskiet en Dames byeenkoms in nuwe saal

Die dames van Kranspoort het gewys hoe vining hulle kan wees en sommer al klaar in Maart 2017 hulle eerste byeenkoms in die nuwe saal gehou. Hulle gaan dit van nou af elke tweede Woensdag by die saal hou.

Op die fotos hieronder kan u sien hoe hulle dit geniet het. Daar was altesaam 20 dames met  Rina Marais as die gasvrou by die geleentheid.  Klaas het natuurlik  wors gebraai.  Almal is dit eens dat die melktert 'n wonderlike nagereg was.

Hulle het dit so geniet dat hulle selfs 'n kettieskietkompetisie gehad het.  Wietske Smit was die wenner met die meeste blikkies wat sy kon raakskiet met Hester Fourie kort agter haar.