Afrikaans / English

Gallery

Geniet die foto's en deel gerus joune ook met ons:

Kranspoot Fees 2016

Vrydagaand het die Kranspoortfees afgeskop met ‘n heerlike nag- gholfkompetisie wat die deelnemers en toeskouers wat saamgestap het, terdeë geniet het.

Van vroeg die Saterdagoggend af is daar gestap, stalletjies uitgepak, gholf gespeel, pannekoek gebak en heerlike ontbyt gemaak.  Dwarsdeur die dag het die Kranspoorters en hul gesinne asook baie besoekers die fees werklik geniet.

Mnr en Mej Kranspoort is gekies en die aand is daar drie skape op spitte gebraai en die fees is afgesluit met die jaarlikse Raasblaardans.

Die Kranspoort Kers-Ope gholfkompetisie is ook die Saterdag gehou en goed ondersteun.

Opregte dank word uitgespreek teenoor almal wat die fees kom ondersteun het, asook al die organiseerders en die "woemaspan" wat so hard gewerk het om van die geleentheid 'n reuse sukses te maak.

Maak gerus 'n draai by die Kranspoort Gholfbaan vir 'n rondte gholf in die bosveld oor die feestyd.  Skakel 082 715 6029 vir besprekings.

 

Die drie wenners van die Mnr Kranspoort jnr kompetisie is, v.l.n.r.:

Josh Ferreira tweede plek, Waldo Schnuir Mnr Kranspoort jnr en Darius Scholtz in die derde plek.

 

Die drie wenners van die Mej Kranspoort jnr kompetisie is, v.l.n.r.:

Carissa Loock tweede plek, Chenique Minnie Mej Kranspoort jnr, en Miane Knoetze in die derde plek.


Die Kranspoorters het heerlik saamgekuier tydens die Raasblaardans: